
Die Curamus Traumasentrum by die Secunda Polisiestasie het op die oomblik ’n tekort aan verskeie items.
Me. Tracey van Wyk, wat al vir jare as ’n vrywilliger by dié sentrum uithelp, het die gemeenskap gevra om die sentrum te ondersteun en iets te skenk.
Die items sluit in papierkoppies, teelepels, koffie, tee, suiker, melk, ’n klein asblik, sakkies koeldrank, seep om hande mee te was, reukweerder (deodorant), vroue onderklere in al die groottes en sanitêre doekies en tampons.
Belangstellendes wat die sentrum wil ondersteun en sodoende wil uitreik na vroue in nood, kan me. Van Wyk skakel by 074 103 6381.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



