Local newsNews

Secunda VLU-tak beleef lief en leed op vergadering

VLU sluit jaar af in November.

Vroue van die plaaslike VLU-tak het op Woensdag, 13 Oktober byeen gekom en die voorsitter, me. Launa Jansen van Vuuren, het vir vroue gewys hoe om model te loop.

Die VLU-lede het ’n kers aangesteek as huldeblyk aan een van hul lede, me. Dossie Klopper, wat op Maandag, 4 Oktober, dood is nadat sy eers haar heup gebreek het en toe ’n beroerte gehad het.

Sy was eers in ’n hospitaal in Gauteng en later in ’n rehabilitasie-sentrum.

Me. Dossie Klopper, jarelange lid van die Secunda VLU-tak is op 4 Oktober dood. (Foto: Verskaf)

Me. Jansen van Vuuren het me. Lettie Visser geluk gewens met ’n tweede plek wat sy in September op die VLU se Mpumalanga Kongres by Olifants River Lodge buite Middelburg behaal het.

Me. Visser het dié toekenning vir ’n tafeldoek wat sy gemaak het, ontvang en het nou deurgedring na die Suid-Afrikaanse VLU Kongres.Die Hoëveld VLU-streek het verbeter op hul vierde plek by die kongres van verlede jaar en het vanjaar derde geëindig.

Me. Rosa Black, wat die kongres bygewoon het, het vir lede vertel hoe dit was en gesê die akteur, Hykie Berg, wat een van die sprekers by die kongres was, het hom goed van sy taak gekwyt en was baie snaaks.

Die VLU wil meer jong vroue oplei en aanmoedig om by die VLU betrokke te raak en het tans ’n bring ’n vriendin-projek aan die gang by al die VLU-takke in die land.

Die wenners van die Secunda VLU-tak se maandelikse kompetisie is me. Alma Bosman met haar foto oor die ondewerp, Oppad na Nêrens en me. Rosa Black met haar broodjie wat sy gebak het.

Die Secunda VLU-tak se afsluiting vir die jaar is op Woensdag, 24 November.

Belangstellendes is welkom om in die nuwe jaar by dié VLU-tak aan te sluit, vir meer inligting, skakel me. Jansen van Vuuren by 061 065 7417.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button