Local newsNews
AfriForum rol moue op Standerton op
Die teer wat vir die herstelwerk gebruik is, beloop R15 000 en die werk is deur Pro Phalt verrig.
Die AfriForum-tak op Standerton het op 11 Oktober gehelp om ’n sloot in Schwickardstraat te herstel.
Dié projek is in samewerking met Lekwa Clean Up Crew, Ons Radio Vriende en ander gemeenskapslede van stapel gestuur.
Die pad moes oopgegrawe word omdat ’n pyp gebars het.
Die teer wat vir die herstelwerk gebruik is, beloop R15 000 en die werk is deur Pro Phalt verrig.
“Hierdie projek is ’n goeie voorbeeld van hoe verskeie organisasies saam kan werk om ’n daadwerklike verskil op die dorp te maak,” het mnr. Pieter Botha, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak, gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



