Kaalspruit VLU-vroue het pret by takvergadering
Me. Marinda Visser gaan Kaalspruit op 27 en 28 Oktober by die SAVLU-kongres in Pretoria verteenwoordig.
Die Kaalspruit-tak van die VLU se maandvergadering op Dinsdag 19 Oktober het ’n verrassing opgelewer toe van die vroue feetjie-uitrustings aangetrek het.
Hulle het tuis die uitrustings prakseer.
Taklede het in me. Roz du Preez se huis en tuin vergader.
Me. Marietjie Swart, voorsitter, het eers sake van die dag afgehandel.
Die takafsluiting vind op 16 November plaas en die volgende dag sal die streekafsluiting op Bethal plaasvind.
Me. Marinda Visser gaan Kaalspruit op 27 en 28 Oktober by die SAVLU-kongres in Pretoria verteenwoordig.
Sy sal haar hoed, wat ’n prys gewen het, dra.
Die voorsitter het ook melding gemaak van die 2022-kongres wat vir 3 Maart beplan word.
Me. Du Preez het daarna ’n demonstrasie aangebied met die titel ‘prettig met pienk’ en kreatiewe idees vir rangskikkings gedeel.
Die beginsels van ontwerp soos lyn, herhaling, dominansie en tekstuur is beklemtoon.
Sy het geleidelik ’n houer, voetstuk en die ander pienk items, wat onder ’n laken bedek was, te voorskyn gehaal,




