Me. Sanpat Coetzee voel geroepe om outehuis te bestuur
Sanpat wat op haar dag die direkteur van sport by UJ was, die eerste vrou in die land wat so ’n pos beklee het, het die naaste beste bergfiets aangeskaf.
’n Akademikus wat spog met vier grade en die trotse ontvanger van die kanseliersmedalje by die Universiteit van Johannesburg, se lewe het ’n interessante wending geneem.
Me. Sanpat Coetzee is as die nuwe bestuurder met ingang van 1 Maart 2022 by die Kosmos Aftree-oord aangestel.
Sy het amptelik in 2019 afgetree, beplan om te reis, maar Covid-19 het ’n stokkie voor al haar voornemens gesteek.
Dié Johannesburger in hart en siel het na besinning ’n roetine begin volg, huiswerk gedoen, aanlynrekenaarwerk gedoen en om die huis begin loop.
Stapsessies met Mieta, die Dachshund en Arya, die drie-been-hond, sou eers later volg.
“Toe ek die eerste oggend wakker word, kon ek net die voëls hoor,” het Sanpat gesë.
“Waar in jou lewe kon jy dink dat geen vliegtuie opstyg en motors wegtrek nie?
“Hierdie wêreldwye stilstand was Goddelike ingryping.”
Sanpat wat op haar dag die direkteur van sport by UJ was, die eerste vrou in die land wat so ’n pos beklee het, het die naaste beste bergfiets aangeskaf.
“Ek het eers onlangs begin skuifel, die vinnigste vorm van draf,” het sy ook gesê.
Sy het die Cape Town Cycle Tour meegemaak, maar die kersie op die koek was die Nedbank Desert Dash vanaf Windhoek na Swakopmund.
Haar vriende het ’n span ingeskryf en sy het haar bereidwilligheid, sou iemand onttrek, duidelik gemaak.
’n Oproep op die vooraand van die wedren en sy was saam in die kombi met die sleepwa vir die vier fietse, die kamp-yskas met al die nodige in.
“Ek het eers ’n dag voor die tyd besef dat ek in die aand sou ry,” het sy bygevoeg.
Die 70km is in ses skofte afgelê en almal moes in die eerste skof en laaste skof ry,
Die woestyn se 35°C in die dag daal nader aan -2°C in die nag.
“Wat ’n wonderlike ervaring was dit nie.
“Dis net jy en die natuur, in die nag.”
Met al die voertuie van regoor die wêreld, het ’n kermisatmosfeer in die middel van die Namib-woestyn geheers.
“Ek het besluit dat ek, terwyl ek ry, aan almal gaan dink vir wie ek lief is en die lysie in my kop deurgewerk.”
’n Voorwiel het pap geraak en sy het bloot omgeval en onder die fiets uitgeklim.
’n Vrou en twee mans se opwagting het gesorg dat die band omgeruil word.
“Moenie ‘worry’ nie, ons maak dit vir jou reg.
“Ek het ’n piesang geëet en weer op die fiets opgeklim.”
Haar oorgeepunt was by ’n oase op pad kus toe, teen sonsopkoms.
Die aluminiumfiets het in die rivierbedding, met ’n seewind wat waai, kragte getap.
’n Mens moes selfs trap op die afdraande.
“Sannie, moet net nie afval nie, die mense kyk vir jou,” het Melissa, ’n spanmaat, aangemoedig.
Sowel Sanpat en dr. Mollie Lyons se beroepe is nou verby, want hulle is besig met hul onderskeie roepings.
Me. Coetzee het ter afsluiting die gemeenskap gevra om hulle die geleentheid te gee om die oord in ’n nuwe lig bekend te stel.
“Dit is Standerton se ouetehuis en ons is bloot instrumente,” het sy mee afgesluit.
“Ondersteuning is nodig om dit finansieel haalbaar te maak.”




