Boer en Rus besoek Standerton op pad na Val
Die perron by die stasie op Val het gasheer vir dié ongewone samesnoering van talente gespeel.
Wessel Oosthuizen, sportfotograaf van formaat, en Lika Gorokhowa, Russiese vrou wat Afrikaans besig, se bekendstelling van hul boeke het op Saterdag 6 November plaasgevind.
Die perron by die stasie op Val het gasheer vir dié ongewone samesnoering van talente gespeel.
Hulle het albei die vorige dag by Mark Lawrence Oogkundiges op Standerton opgedaag,
Wessel vir ’n leesbril en Lika vir ’n donkerbril.
Wessel was reeds 18 keer in Rusland.
“Ek is nie ’n spioen nie,” het hy tong-in-die-kies gesê.
Lika, wat aan die Moskou Staatsuniversiteit ’n graad behaal het, het Afrikaans en Geskiedenis haar hoofvakke gemaak.
“Ek kan Afrikaans volg en skryf wat aan my dosent, me. Monika Oerb, te danke is,” het Lika gesê.
“Ook Wessel se baie grappe.”
Iemand het die vraag gevra waar hulle ontmoet het en Wessel is nie onkant betrap nie.
“Ek het haar op die internet ontmoet.”
Tydens een van Wessel se besoeke aan Rusland, het hulle dosent gereël dat een van sy boeke deur die groepie vertaal moes word.
Die boek se titel heet: Boere en Russe: Persoonlike Vriendskappe.
Lika het tydens haar eerste besoek aan Suid-Afrika vanaf Johannesburg na Kaapstad gereis en die goudgeel landskap in Junie het haar bygebly.
Vandaar die titel: Oor die goudgeel vlaktes.
“Ek wou net reisnotas maak, maar Wessel en ’n vriend het voorgestel dat ek dit in boekvorm uitgee,” het Lika ook gesê.
Albei publikasies het ’n beperkte oplaag.
Lika is in Suid-Afrika tot middel November en sal die Russies-Ortodokse Kersfeesviering wel saam met haar familie op 7 Januarie 2022 kan vier.



