Local newsNews

Jean-Roux Flack van Standerton aangewys as Mr Pre-Teen

Jean-Roux het vroeër vanjaar voedsame sopbotttels, tesame met sanitêre ware, aan ’n sentrum in Kosmospark en die kinderhuis op Vrede uitgedeel.

Jean-Roux Flack lyk op die oog af na ’n gewone laerskoolseun wat nie naastenby verklap dat hy ’n gesogte titel op sy kerfstok het nie.

Dié 10-jarige leerder van Laerskool Standerton is op 9 Oktober in Pretoria as Mr Pre-Teen South Africa gekroon.

“Ek het nie gedink dat ek sou wen nie,” het Jean-Roux gesê.

Die voorafgaande week was waar die senuwees bietjie begin knaag het omdat ’n vol program die jong seuns se voorland was.

Ma Anél het vertel dat dit afgeskop het met klere vir ’n onderhoud, daarna ’n kostuum vir ’n held, informele drag tot uiteindelik die konsert wat gehou is.

Jean-Roux se keuse vir sy held was ‘Superman’, die fliek het hy natuurlik gesien en Anél en haar ma het ingespring om te help.

Hy is geen groentjie as dit kom by sulke kompetisies nie en het Mr Petite in 2018 gewen.

Intussen is ’n afrigter, Tylor Kotze, bygekry.

Die inskrywingsfooi vir die kompetisie kan jou dalk twee keer laat dink, maar dit word vir liefdadigheid aangewend.

Jean-Roux het vroeër vanjaar voedsame sopbotttels, tesame met sanitêre ware, aan ’n sentrum in Kosmospark en die kinderhuis op Vrede uitgedeel.

“Hy wou eers 40 sopbottels uitdeel, toe word dit 50, toe word dit 100,” het Anél gesê.

Sy liefdadigheidsprojek is reeds geïdentifiseer, die DBV.

“Ek gaan probeer om geld in te samel om vir die diere kos te koop,” het hy ook gesê.

“My kind maak my so trots,” het Anél bygevoeg.

Die dissipline verbonde om projekte te laat deurvoer, kom moontlik van ma se kant af.

Anél wat tans ’n onderwyser is by Hoërskool Standerton, het die rang van volluitenant in die vloot beklee en kaptein in die weermag op die koop toe.

Jean-Roux was nog ’n kleuter toe hy vir sy ma gesê het hy weet wat hy wil word.

“Ek wil ’n chirurg word.”

Ma het gelag.

“Jy is nog te jonk om te weet.”

Jean-Roux was gereed met sy antwoord.

“Hulle sny mense oop, maak reg en werk weer toe.”

’n Paar jaar later wik en weeg hy om plastiese chirurgie sy loopbaan te maak.

Dié gr. 5-leerder het ook al aan radikale redenaarskompetisies deelgeneem en spog met akademiese erekleure.

“Die redenaarskompetsies het hom baie gehelp, want by dié kompetisie moes die finaliste ’n onvoorbereide toespraak maak.”

Hy het onlangs op Ermelo alles wat hy kon, weggegee aan die ouers van ’n babatjie, wat aan neute verstik het.

Sportgewys, neem Kai Daniel se krieketakademie hom onder hande.

Wat nou gemaak as hy ses van die bestes nodig het?

“Jy vat sy tegnologie weg, dis hoe jy hom straf,” het Anél met ’n groot glimlag vertel.

“Ek weet egter wie hy is en wat hy doen, word raakgesien.”

In haar eie woorde, hy is onafhanklik verby.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button