Kobus Neethling maak korte mette van Kalies se geborgde gholfdag
Die gebruiklike 9-putjie- en 18-putjie-kragmeting op Woensdag 27 Oktober het onderskeidelik Deon Grimsell en Gerhard Brits as wenners opgelewer.
Laerskool Kalie de Haas se geborgde gholfdag het op Saterdag 6 November by die Standerton Buiteklub plaasgevind, waar Kobus Neethling met 30 punte as oorwinnaar uit die stryd getree het.
Nico Lombard het die tweede plek, ook met 30 punte, behaal, gevolg deur Gert du Preez, Attie Mouton, Conrad Steyn en Johan Brink elk met 29 punte.
Waldi van der Westhuizen en Gerhard Brits het albei 27 op die telkaart ingevul, met Innocent Dhladhla, Doefie Burger, Werner Mouton, Pieter Bester en Ronald Kinnear elk met 26.
Mauritz van Heerden was naaste aan die pen op die 2de en 11de putjies en Du Preez naaste aan die pen op die 8ste en 17de putjies.
Van Der Westhuizen kon spog met die langste dryf en die vroulike eweknie was Adri Mynhardt.
Die afgelope weke het gholfspelers gewoel om punte op te stapel.
Die gebruiklike 9-putjie- en 18-putjie-kragmeting op Woensdag 27 Oktober het onderskeidelik Deon Grimsell en Gerhard Brits as wenners opgelewer.
Grimsell het 17 punte aangeteken en Brits 36.
In die eerste wedywering het Heino Gouws die tweede plek met 16 punte behaal, gevolg deur Van Heerden, ook met 16.
Sowel Freddie Welmans, as Patrizia Lombard, het 15 op die telkaart ingevul, gevolg deur Clifford van Vuren met 13.
André Kirchner en Willie Griesel het albei 13 punte behaal, terwyl sowel Donnie Taljaard, as Gerrit Nel, 12 punte aangeteken het.
In die tweede wedywering het Joré Nortjé en Wian Starbuck se 36 punte elk Brits opgevolg, terwyl Herman Mynhardt en Louis Bibby albei 35 aangeteken het.
Du Preez, Henk Botha, Mark Nortjé, Stephen Nortjé en Kinnear het in die laaste vyf plekke ingeskuif met 33 punte elk.
Tydens die medediging op Saterdag 30 Oktober het Nick Momberg met 37 punte geseëvier.
Jabbies Lotz was in die tweede plek met 35 punte, gevolg deur Johann van Rensburg met 34 punte.
Sowel Nico Lombard, as Aldo Arnaldi, het 33 aangeteken, met Elra Lotz, Gerrit Nel, Francois Cronje en Patrizia Lombard wat elk 32 punte behaal het.
FJ Lots het die 10de plek met 30 punte behaal.






