Local newsNews
VLU-vroue van Standerton sluit jaar af in styl
Dié organisasie het op 28 Oktober ’n mylpaal met hul 90ste herdenkingsjaar bereik.
Die VLU se Vaalrivier-tak het op Dinsdag 9 November hul afsluitingsfunksie by ’n venue uit op die Volksrust-pad gehou.
Mee. Lenie Beukes, Petro Hess, Sonia van Wyk, Hannatjie Swartz, Gerda Büter en Monica Swart het hul uitgevat asof ’n uitnodiging ontvang is om by die ‘Queen’ tee te gaan drink.
Die uitnodiging het die dra van ’n hoed beklemtoon.
Me. Büter, voorsitter, het meer vertel van haar ondervinding by die SAVLU.
Dié organisasie het op 28 Oktober ’n mylpaal met hul 90ste herdenkingsjaar bereik.
Die vroue het aan die eet-en drinkgoed gesmul.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




