Seniorburgers van Bethal geniet uitstappie na blommemark
Organiseerders bedank borge van uitstappie.
’n Groep seniorburgers van Palmoord Ouetehuis het op Maandag, 25 Oktober op ’n uitstappie na die blommemark in Johannesburg gegaan.
Me. Maruné van Vreden, ’n vryskut-maatskaplike werker op Bethal, en me. Cecilé van Vreden van Bethal Filterdienste, het dié uitstappie gereël omdat hulle die senior vroue se gemoed wou lig en bietjie laat uitkom na die inperking weens die Covid-19 pandemie.
Die organiseerders van die uitstappie het borge gekry om dit moontlik te maak.
Dié borge sluit in Laerskool H.M. Swart, Hoërskool Hoogenhout, Klub 42 wat uit skoolhoofde op Bethal bestaan, Jim van Tonderskool en Bethal Filterdienste.
Die seniorburgers het selfs hamburgers gekry vir padkos op die bus.
Die Kersmark was ook op die lysie van plekke om te besoek.
Die seniorburgers het bietjie meer van blomme en plante geleer by die kwekery en elkeen het ’n bos blomme ook gekry toe hulle terug is op Bethal.
Die organiseerders het almal wat dié uitstappie moontlik gemaak het, bedank.



