Local newsNews

Secunda Gratis en Verniet benodig skoonmaakmiddels en toiletware

Dié organisasie bestaan al sedert 2018 en is in 2019 as ’n nie-winsgewende organisasie geregistreer.

Die nie-winsgewende liefdadigheidsorganisasie, Secunda Gratis en Verniet (SGV), se projek om skoonmaakmiddels en toiletware bymekaar te maak en dan aan behoeftige gesinne uit te deel, is nie net ’n eenmalige projek nie, maar ’n permanente projek wat 24/7 voortduur.

SGV benodig skoonmaakmiddels en toiletware soos seep, toiletpapier, tandepasta, lyfroom, reukweerder, spuitgoed, skeermesse, sanitêre ware vir vroue, sjampoe en opknapper, en doeke vir groot mense.

Van die ander items wat SGV op ’n voortdurende basis benodig, is nie-bederfbare kos, klere vir kinders, mans en vroue, huishoudelike items en linne.

Dié organisasie bestaan al sedert 2018 en is in 2019 as ’n nie-winsgewende organisasie geregistreer.

Verskeie administratiewe vroue hanteer die verskillende bene van die organisasie soos klere, huisraad, mamma’s in nood, skoonmaakmiddels en toiletware, kospakkies, pensionarisse en verjaarsdae en Kersfees.

Vir meer inligting, of om ’n bydrae te maak, skakel me. Michelle Coleman op 082 761 8143 of me. Fiona Pelman op 066 279 6069.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button