Local newsNews

Skoolhoof groet Oranjegloed op Secunda na 24 jaar

Jan Janse van Rensburg sien uit na meer reis en kamp.

Mnr. Jan Janse van Rensburg (63) tree na 24 jaar by Laerskool Oranjegloed Primary School as skoolhoof af.

Sy loopbaan in die onderwys het in 1983 by Laerskool Oranjegloed Primary School begin, nadat hy sy twee jaar diensplig in die weermag voltooi het en ook in Angola diens gedoen het.

“Dit was taai en interessante tye,” het mnr. Janse van Rensburg gesê.

Hy het in Germiston en Reitz grootgeword en sy skoolloopbaan by Hoërskool Germiston voltooi, voordat hy onderwys gaan studeer het by die onderwyskollege wat destyds as Normaal Kollege in Pretoria bekendgestaan het.

Na jare by Oranjegloed, het hy die geleentheid gekry om departementshoof te wees by Marietjie Skool op Secunda en twee jaar later besluit om eerder weer terug te keer na een van die hoofstroomskole.

“Ek het dit gemis om wiskunde te gee.”

Mnr. Janse van Rensburg het in 1990 by Laerskool Kruinpark as depertementshoof van die senior fase begin werk en vyf jaar later is hy terug na Laerskool Oranjegloed Primary School waar hy die skoene van adjunkhoof volgestaan het.

Dié pos het hy net vir ’n jaar gevul voordat hy as waarnemende hoof van Oranjegloed aangestel is.

Hy het vanaf 1996 tot 1998 waargeneem en is toe permanent as hoof aangestel.

Laerskool Oranjegloed Primary School het tans sowat 1 300 leerders en is hoofsaaklik ’n Engelse skool.

Mnr. Janse van Rensburg het gesê hy gaan die skool en die kinders mis as hy aftree.

“Ek gaan dit mis om die kleintjies te sien grootword,” het hy gesê.

Hy hoop die skool bou voort op hul huidige standaarde en dat dié skool steeds ’n voorbeeld vir die gemeenskap sal wees.

Hy is ’n oupa van een kleinkind en sien daarna uit om meer dikwels te reis as hy afgetree het, meer te kamp en tuinwerk te doen en om ’n groentetuin te begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button