Local newsNews

Wes-gemeente op Standerton hou afsluitingsfunksie vir bejaardes

Me. Griet Channon, voorheen ’n onderwyser by Kalies, het die koor bedank en anekdotes oor haar jare as onderwyser gedeel.

Die N.G. Kerk se Wesgemeente het op Woensdag 17 November ’n afsluitingsfunksie vir die bejaarde lidmate aangebied.

Goue Blare, die naam van die groep, het die saal ingestap waar keuriggedekte tafels gewag het.

Sowel die junior- as seniorkoor van Laerskool Kalie de Haas het opgetree.

’n Bekende Kersfees-melodie van Koos du Plessis is onder meer gesing.

Die gehoor is met die kitaarspel van mnr. Ruan Reynecke meegesleur tydens sy vertolking van Leonard Cohen se ‘Halleluja’.

Me. Griet Channon, voorheen ’n onderwyser by Kalies, het die koor bedank en anekdotes oor haar jare as onderwyser gedeel.

Koorlede het elk ’n glas koeldrank en sjokolade gekry na afloop van hul sangitems.

Me. Channon het in haar boodskap die geloof in Jesus Christus uitgedra.

Ds. Henk Boshoff het die bejaardes seën in die Kerstyd toegewens en ’n tafelgebed gedoen, alvorens aangesit is vir die voorgereg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button