Local newsNewsStreeknuus

Delmas Polisie treur oor kollega se dood

Wees gegroet kollega, adj.-off. Louis Frade. Jou plek is leeg en jou teenwoordigheid by die stasie word met groot verlange gemis.

Vir 34 jaar was adjudant-offisier Louis Rodriques Frade getrou op sy pos by die Delmas Polisiekantoor.

Dié plek is nou leeg nadat hy skielik op Dinsdag, 9 November in die Kloof Hospitaal in Pretoria dood is.

Hy was maar 52 jaar oud.

Hy was geliefd en bekend onder sy kollegas én die gemeenskap.

Wyle adj.-off. Louis Frade was vir 34 jaar in diens van die Delmas Polisie. (Foto: Verskaf)

Adj-off. Frade was vir die volle duur van sy polisie-loopbaan in die diens van die Delmas Polisie waartydens hy ook ’n draai in die speurafdeling gemaak het.

Sy kollegas het op Woensdag, 17 November, tydens ’n roerende gedenkdiens van adj.-off. Frade afskeid geneem, terwyl familie en vriende hom die dag daarna tydens ’n privaat verassingsdiens gegroet het.

“Die Delmas Polisie spreek ons innige simpatie met adj-off. Frade se familie, in besonder sy dogter, Sonique Frade, vriende en kollegas uit,” het kapt. Carla Hartley, mediawoordvoerder vir die Delmas Polisie gesê.

Delmas Polisie se laaste eerbetoon aan adj-off. Frade kom uit Timoteus 4: 7-8: “Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig enduit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange na sy koms uitsien.”

“Ons salueer jou. Rus in vrede, kollega, adj.-off. Louis Frade. Jou plek is leeg en jou teenwoordigheid by die stasie word met groot verlange gemis.”

Daar word op hartroerende wyse van adj.-off. Louis Frade afskeid geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button