Local newsNews

Pastoriemark begin op 1 Desember op Bethal

Aandetes is weer beskikbaar by Pastoriemark.

Die N.G. Kerk se Oosgemeente bied binnekort die negende Pastoriemark by Hoërskool Hoogenhout aan.

Dié mark skop op Woensdag, 1 Desember af en duur tot Vrydag, 3 Desember.

Die mark sal gedurende dié drie dae vanaf 09:00 tot 18:00 oop wees en markgangers is welkom om die stalletjies te ondersteun.

Die opbrengste van vanjaar se mark gaan aangewend word om maatskaplike werkers, wat spesiale dienste aan kinders op Bethal en die omgewing voorsien, se hande te versterk.

Dié maatskaplike werkers moet op ’n gereelde basis van sielkundiges, mediese personeel en regshulp, asook arbeids-, oudiologie- en spraakterapie gebruik maak om die kinders te help.

Hulle moet ook gereeld assesserings vir voorvalle van verwaarlosing, fisiese- en emosionele- en seksuele misbruik laat doen, asook assesserings vir pleegsorg en aanneming.

Al dié uitgawes word deur die Pastoriemark se opbrengs gedek.

Me. Marita Oosthuizen, organiseerder van die Pastoriemark, het gesê die Pastoriemark gee aan entrepreneurs die kans om hul unieke en handgemaakte artikels ten toon te stel en te bemark.

“Die publiek kan ook terselfdertyd die kans kry om dié artikels onder oë te kry sodat hulle vroegtydig hul Kersinkope kan doen,” het me. Oosthuizen gesê.

Van die uitstallers wat vanjaar daar gaan wees, sluit in Alfa Juweliers en Wilna se Droë Vrugte en Neute.

Daar gaan ook stalletjies wees met skilderye, handwerk-items, houtwerk, papierwerk, draadwerk, staalwerk, opvoedkundige speelgoed, krale, serpe, ornamente, muurbehangsels, fyngebak en ingelegde produkte.

Daar gaan ’n teetuin met ligte eetgoed beskikbaar wees.

Daar gaan ook weer eens, soos elke jaar, aandetes beskikbaar wees vanaf 16:30 teen R50 per ete.

Bestellings vir die aandetes kan vooraf geplaas word om teleurstelling te voorkom.

Om aandetes te bestel, skakel me. Marie Botha op 082 461 4050.

Die spyskaart vir die aandetes is boboti, geelrys, wortelgereg en slaai vir Woensdag, hoenderpastei en twee slaaie vir Donderdag en lasagne, slaai en broodrolletjies vir Vrydag.

Kaartgeriewe sal by die mark beskikbaar wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button