Local newsNewsStreeknuus

Bronkhorstspruiter is gaande oor naaldwerk

"Die lappoppe is vir my ń simbool van uniekheid. Dit is enige in sy soort. Niemand het twee van dieselfde nie."

Ashoop se lappop kry nuwe lewe in die hande van me. Elisna Henning.

“Een ding is vir seker – die lappoppe is met elke steek vasgewerk vol heimwee.”

Dié naaldwerkster het haarself agter ‘n naaimasjien ingespan op 10-jarige ouderdom en doen nou al naaldwerk vir meer as twee dekades.

“Ek het destyds op my ouma se skoot voor haar trapmasjien gesit.”

Onlangs het sy haarself toe gespits om sowat ses lappoppe uit ongeblykte linne te maak.

“Selfs katoen of enige sagte materiaal wat vrolik lyk, werk wonders.”

Van kindsbeen af is daar ‘n liefde in me. Henning gekweek om verskeie hand-gemaakte items te maak en veral vir ou lap ‘n nuwe badjie aan te trek.

Dié lappop is gestop, haar gesig is geborduur en haar wolhare is gevleg met ‘n unieke uitrusting van afvallap.

“My ouma het die aanvoeling raak gesien en my aangemoedig om my talent te gebruik.”

Me. Henning borduur graag en maak klere vir ander.

Haar groot liefde lê ook in ontwerp en om veral iets te maak wat haar kreatiewiteit uitdaag.

Klere is haar gunsteling. Daarna geniet sy poppe maak, handsakke en die lys is te lank om alles op te noem.

“Materiaal is so divers en uniek. Mens kan dieselfde patroon gebruik maar die materiaal sal nie 100% dieselfde lyk nie. Daar is altyd ‘n oorspronklikheid in elke stukkie lap.”

Sy beskryf haarself as ‘n skeppende mens wat skep omdat sy nie anders kan nie.

“My gawe is om enige iets aan te pak wat my uitdaag. Om iets te maak met jou hande en te besef die emosie waarmee elke steek gewerk is, het gevorm aan die eindproduk, maak dat ek naaldwerk sal doen tot en nie meer kan nie.”

Lappoppe is vir haar so spesiaal, juis omdat elkeen waardeer word vir die vrolike uitbeelding in hul opgewekte gesiggies en kleurvolle rokkies.

“God het vir elkeen ‘n gawe gegee. Dié is myne. Ek loof en prys Hom vir die vermoë.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button