Plaaslike helde besoek kleuterskool
Dit neem ’n dorp se gemeenskap om ’n kind groot te maak en ons bedank ons gemeenskap.
Die Sundra Bulldogs het tyd afgestaan om die leerders van Funtazia Skool in Sundra met hul brandkar te vermaak.
Mnr. Derek Bester, voorsitter van die Sundra Bulldogs Buurtwag en mnr. Johannes Janse van Rensburg het die jongklomp gaan verras met ’n besoek op Vrydag, 5 November.
“Dit beteken vir ons baie dat ons plaaslike helde tyd afgestaan het om by ons Funtazia-maatjies te kom kuier. Op hierdie manier word die kleuters geïnspireer om in die leiers van ons gemeenskap se voetspore te volg,” het me. Lisa Meyer, eienaar van Funtazia, gesê.
Me. Meyer het mnre. Bester en Janse van Rensburg van die Bulldogs bedank vir hul goeie gesindheid en belangstelling.
“Dit neem ’n dorp se gemeenskap om ’n kind groot te maak en ons bedank ons gemeenskap.”






