NewsSchoolsStreeknuus
Heidi Kleuterskool hou konsert
Moderne tegnologie het dit egter vir almal moontlik gemaak om die singende en lewendige kleuters, pragtig geklee, in aksie te sien.
Daar was hard geoefen en uiteindelik het konsertdag by Heidi Kleuterskool aangebreek.
Ten spyte van al die harde oefen kon die kleuters egter nie, soos in die verlede, voor ’n gehoor van klappende en juigende ouers, oupas en oumas en boeties en sussies optree nie.
“Covid 19-regulasies het dit ongelukkig nie toegelaat nie,” het me. Riette Wheller, hoof by Heidi gesê.
Moderne tegnologie het dit egter vir almal moontlik gemaak om die singende en lewendige kleuters, pragtig geklee, in aksie te sien.
Die konsert is op Woensdag, 10 November, op Heidi se Faceboek-blad, DVD,asook ’n YouTube-skakel vrygestel vir almal om te geniet.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



