Local newsNews

Secunda VLU-tak sluit jaar af

Belangstellendes kan in Januarie by Secunda VLU-tak inskakel.

Lede van die Secunda VLU-tak het op Woensdag, 24 November hul jaarafsluiting by Die Rots by die N.G. Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente gehou en ook ’n nuwe bestuur vir volgende jaar verkies.

Die voorsitter, me. Launa Jansen van Vuuren, het gesê hulle het baie lief en leed die jaar gehad omdat een van hulle lede, asook van die ander lede se familielede dood is.

Sy het vir die lede ’n geseënde Kersfees toegewens en me. Mariana Bowker het met die VLU-gebed afgesluit voordat die vroue tee en versnapperinge geniet het.

Die Secunda VLU-tak se nuwe voorsitter vir 2022 is me. Rosa Black en die ander bestuurslede bestaan uit me. Van Vuuren (adjunk-voorsitter), me. Teresa de Wet (sekretaresse), me. Liezel Myburgh (skakelbeampte), me. Magda Schwab (tesourier) en me. Alma Bosman (kompetisie-sameroeper).

Die Secunda VLU-tak vergader weer op Woensdag, 12 Januarie by Die Rots by die N.G. Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel me. Van Vuuren op 061 065 7417.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button