NLF lewer goedere by kinderhuis op Standerton se buurdorp af
Onder die goedere wat afgelewer is, is skryfbehoeftes, sanitêre produkte en klere.
Northern Light Foundation (NLF) het ’n geldinsameling vir die SAVF Louis Hildebrandt Kinderhuis op Volksrust gehou.
Die goedere is op Woensdag 1 Desember afgelewer.
Volgens die NLF, bly 106 kinders van alle ouderdomme in die weeshuis.
Onder die goedere wat afgelewer is, is skryfbehoeftes, sanitêre produkte en klere.
Die NLF het NTT Isuzu en Honda Newcastle bedank dat hulle die NLF vergesel en ook skryfbehoeftes geskenk het.
Behoeftige gesinne op Standerton wat gehelp word, se name word anoniem gehou.
Enigeen wat kennis dra van behoeftige gesinne op die dorp, kan met die NLF in verbinding by 063 613 1214 tree.
Hulle het in Junie vanjaar hul eerste gemeenskapsprojekte van stapel gestuur.
Volgens hul mediaverklaring, is skoonmaakprojekte, geldinsameling vir spesifieke inisiatiewe en padverfprojekte onder meer aangepak.
Die Standerton Rivierpark word weeklikse skoongemaak en meer as 1 254 sakke vullis is versamel en verwyder.
‘Project White Stripe’ is van stapel gestuur waar hul fokus op die verf van lyne van paaie en gevaarlike kruisings.
Meer as 50 stopstrate is die afgelope sewe maande geverf, asook talle spoedhobbels.
Die NLF beplan om volgende jaar ook te fokus op dierewelsyn, gemeenskapsbou, herstel van paaie, asook die snoei van bome wat kragonderbrekings veroorsaak.



