Plaaslike kunsvroue maak geskenke
Daar was innoverende skeppings – van elfies wat uit blompotte gemaak is tot potloodsketse.
Bronkhorstspruit se kunsvroue het vanjaar ’n Kersfeeskompetisie geloots waar vyf deelnemers iets oorspronklik vir die Kersseisoen moes maak.
Dié vroue het uitgehaal en gewys.
Daar was innoverende skeppings – van elfies wat uit blompotte gemaak is tot potloodsketse.
Die kunsvroue se kunskompetisies het twee jaar gelede al begin en daar is geen keer aan die vroue se kreatiwiteit nie.
Siende dat dié plaaslike vroue weens Covid die eerste keer vergader het was dit asof die inperking hul gedagtes en verbeeldingryke wêrelde net verbreed het en sedertien word daar gereeeld gewerk aan nuwe skeppings.
Daar is drie wenners aangekondig en elkeen het ’n prys gewen.









