Local newsNews

SAVF hou Kersfunksie vir vroue-werkgroep op Standerton

Die saal was feestelik versier met die vroue wat die kersversierings gemaak het.

Die SAVF in Schwickardstraat op Standerton het op Donderdag 9 Desember die vroue-werkgroep se Kersfunksie aangebied.

Die saal was feestelik versier met die vroue wat die Kersversierings gemaak het.

’n Houtkersboompie het op elke teafel gepryk en teen die mure was ook versierings.

SAVF-vrywilligers was teenwoordig by dié geleentheid.

Me. Meisie Mazibuko, maatskaplike werker, het die verwelkoming gedoen voordat me. Dina Höhls ’n Kersboodskap met die vroue gedeel het

Me. Höhls het as gaskunstenaar opgetree.

Meadow Foods het 40 Spar-geskenkpakke geskenk met ’n geskenkie in vir elke vrou.

Daarbenewens het die Replika-gemeente ook 40 Spar-bewysstukke geskenk en Verblyden Slaghuis het die vleis verpak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button