Local newsNewsStreeknuus

Jolene bak Kerskoekies vir kontrei

Met ’n aanvoeling vir bak en ’n droom wat die kersie op die koek is, maak Jolene ’n resepte uit die eenvoudigste bestanddele.

Me. Jolene van Jaarsveld (20) se baksels smaak soos Ouma se tuisgebak.

Haar kombuis lyk soos ’n Kersfeesfabriek met die reuk van hawermoutbeskuitjies wat nog warm uit die oond staan en afkoel.

Terwyl sy haar Kersbome en gemmerbroodmannetjies met royal icing versier, speel daar Kersfeesmusiek in die agtergrond en elke soetkoekie smelt in jou mond.

Me. Van Jaarsveld het tussen haar ouma se resepteboeke groot geword en reeds op ’n jong ouderdom haarself as bakker gevestig.

Haar soettand, glo sy, het bygedra tot haar liefde vir bak.

“Droë bestanddele wat met jou hande gemeng word en hier en daar ’n nat bestanddeel wat bygevoeg word, is later die lekkerste koekie wat jy al ooit geproë het.”

Hier word beslis nie gespeel nie, daagliks en grootdeels oor Kersfees, word ’n magdom koekies gebak en verpak.

Me. Van Jaarsveld doen ook graag self die versierings, veral oor die Kersseisoen.

“Wat is ’n geskenk nou onder ’n boom as jy nie koekies en melk het nie?”

Haar tuisnywerheid, Flikse Feetjies, was al twee jaar gelede gestig en haar hande is steeds die instrumente waarin die deeg se gevoel lê.

“Wat is ’n koekie nou eintlik?

“Dit is nie net ’n smaaksensasie in jou mond nie, maar ook ’n emosie van onthou wat met elke happie geproe moet word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button