Local newsNewsStreeknuus

Bronkies hou Blikkiesfees

Selfs die Curriebeker het vir Willem Strauss van die Blou Bul Rugby Unie vergesel.

Bronkhorstspruit het ’n Blikkiesfees gehou wat op Saterdag, 11 Desember, by Bronkhorstspruit se rugbyklub aangebied is.

Die fees met sy 19 stalletjies het ten bate van Bronkies Hoop plaasgevind.

Selfs die Curriebeker het vir Willem Strauss van die Blou Bul Rugby Unie vergesel.

Musikante wat opgetree het, is Joey Lane saam met Nico J en Jody Wayne saam met Nadine Burns wat tans die prinses van Country is.

Die Hartland-groep het gesorg vir die klank en die vermaak wat die feesgangers laat instroom het.

Daar was ’n swembad en glybaan opgesit vir die kinders om te baljaar.

Scorpio Sekuriteit het die klub beman vir die dag.

Die Roelfs Jacobs-groep van Rayton het ook spogvoertuie verskaf wat uitgestal was.

“Ons beoog om jaarliks sulke funksies aan te bied waar ons met die opbrengs ’n plaaslike instansie sal borg. Ons wil graag die gemeenskappe ondersteun, veral in hierdie onsekere tye.” het die organiseerder, me. Alida van der Linde laat hoor.

Die aand is by die rugbyklub se Pub and Grill afgesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button