Local newsNews

ATKV en Shofar op Secunda bederf kinders

Janelle Huis se versorgers en kinders geniet piekniek.

Die Kosmosrand ATKV-tak, in samewerking met Shofar Secunda Kerk, het op Vrydag, 10 Desember die kinders van Janelle Huis bederf met ’n piekniek by ’n Laerskool Hoëveld.

Lede van dié ATKV-tak en die kerk het geld en die nodige items ingesamel en die voorsitter van die tak, me. Tracey van Wyk, het die gemeenskap, sake-ondernemings en almal wat gehelp het om ’n sukses van dié dag te maak, bedank.

Altesaam 30 kinders en nege versorgers is bederf en het geskenke ontvang wat opgemaak is vanuit ’n wenslysie wat elke kind moes gee.

Hulle het ook lekkergoed, kolwyntjies, koeldrank, ysies, worsbroodjies en waatlemoen gekry.

Daar was ’n springkasteel en kaskarre om die kinders te vermaak.

Me. Van Wyk het Laerskool Hoëveld se werkers en die hoof, me. Marietjie Stuart, vir hul hulp en bereidwilligheid om die skool beskikbaar te stel, bedank.

“Ek is bly ons kon elke kind se hart bly maak vir Kersfees en om hul gesigte te sien toe hulle hul geskenke oopmaak, was prysloos,” het me. Van Wyk gesê.

Van die kinders het skryfbehoeftes, klere, skoene of speelgoed in hul geskenksakke gehad.

Om by die ATKV Kosmosrand-tak betrokke te raak, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button