Local newsNewsStreeknuus

Rayton-inwoner sorg vir ’n Kersfees-skouspel

Mnr. Pereira put genot daaruit as inwoners na die liggies gaan kyk.

Kersfees word op baie maniere gevier, maar in elke dorp of stad is daar iewers ’n pragtige liggiefees.

Vir Rayton en omgewing, sorg mnr. David Pereira, eienaar van die Jala Kafee op die dorp vir ’n asemrowende skouspel.

“David doen dit al vir die afgelope 34 jaar.

“Dit is ’n sprokieswêreld vir jonk en oud om te geniet. Hy het vanjaar weer groot gegaan,” het mnr. Johan van de Linde, hoof van reaksie vir die Rayton / Cullinan Gemeenskapspolsiëringsforum (GPF), laat weet.

Volgens mnr. Van der Linde put mnr. Pereira baie genot daarui.

Hy nooi graag enige een om dit te besigtig.

‘n Prag uitbeelding van Jesus se geboorte. (Foto: Laurika van der Linde)
Die liggiesfees in Rayton. (Foto: Laurika van der Linde)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button