NewsStreeknuus

Graad 1’s van die Bronkhorstspruit-omgewing begin die skooljaar

“Klein ogies vol groot drome staan hul eerste skoolskoene vol.”

Gr.1- en gr.R-maatjies het verlede week die eerste skooldag met hul haasbekkies en boksterjies ingegaan.

Laerskool Rayton spog met drie gr. 1-klasse en het sowat 80 maatjies verwelkom.

Met die lui van die klok as tradisie is al 80 Rayties trots ingehuldig.

Laerskool Du Preez van Wyk se gr.1-nuwelinge het Dupieland binne getree met die Du Preez van Wyk-embleem op hul bors.

Laerskool Balmoral het 24 kaalvoet-dromers verwelkom.

Daar was nie eers trane gestort nie.

Elke gesiggie het dadelik ingeskakel en weggespring met inkleur.

Laerskool Witpoort het op Woensdag, 12 Januarie, al die leerders verwelkom na ’n welverdiende Desembervakansie.

Die gr. 1-onderwysers kon nie wag om die kinders in hul klasse te verwelkom nie.

Met groot opgewondenheid het elke gr.1-kind die kans gekry om hul juffrou te ontmoet en ’n foto van hul eerste dag in gr.1 te laat neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button