NewsSchoolsStreeknuus

Die eerste dag van 12 skooljare begin in die Delmas-kontrei

Daar was verbasend min trane en behalwe vir ’n paar benoude gesiggies was die meeste met ’n laaste drukkie van pappa en mamma gereed vir ‘grootskool’.

Blink gepoetste skoene, kraakvars skooldrag, haasbekkies, kosblikkies vol lekkernye en massiewe tasse waarin die meeste van die gr.1-leerders self kan pas.

Dit was die prentjie van die eerste skooldag vir die gr. 1s van 2022.

Soos elke jaar was daar weer vanjaar ’n menigte haasbekkie wat op Woensdag, 12 Januarie vir die eerste keer skool toe is.

Streeknuus het by van die plaaslike laerskole in die Delmas-omgewing gaan inloer.

Daar was verbasend min trane en behalwe vir ’n paar benoude gesiggies, was die meeste met ’n laaste drukkie van pappa en mamma gereed vir ‘grootskool’.

Laerskool Eloff het die leerders van 2022 gegroet met die volgende boodskappie: “Welkom terug Loffies asook aan al ons nuwe Loffie-maats. Mag julle ’n wonderlike jaar vol hoop, kuns en kleur hê.”

Laerskool Sundra het op hulle beurt laat hoor: “Welkom terug aan al ons leerders en personeel, asook al ons nuwe leerders. Sterkte vir die jaar.”

“Welkom aan die nuwe gr.1-maatjies. Ons sien daarna uit om julle te leer ken. Mag hierdie jaar vol opwinding en voorspoed wees,” het me. Lizette van Onselen, skoolhoof by Nesher Privaatskool, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button