Die Bronkhorstspruit parkrun is amptelik weer op volle dreef.
Sowat 59 deelnemers van heinde en ver gekom om op Saterdag, 15 Januarie aan die parkrun wat om 08:00 afgeskop het, deel te neem.
Dié 5km-wedren vind weekliks plaas.
Deelnemers -of dit nou mense wat bloot vir pret deelneem, vir die samesyn of gesoute atlete is – geniet die afstand op die Kungwini 4X4-roete net na die afdraai op die Bronkhorstbaaipad.
Elke atleet hardloop en loop teen hul eie pas en word gemeet teen hul eie tyd.
Die parkrun het in Februarie 2019 geopen en is steeds ’n aantrekingskrag.
Sedertdien het 1 581 deelnemers 4 965 parkruns voltooi wat ’n totale afstand van 24 825km is wat reed afgelê is, en 755 nuwe persoonlike beste tye is ook aangeteken.
Altesaam het 134 individue het sowat 621 keer vrywillig aangemeld.
Elkeen wat op die parkrun-webtuiste registreer, kry ’n staafkode waarmee hulle toegang verkry om aan enige parkrun in die wêreld deel te neem.
Leerders of jonger kinders ontvang selfs ’n sertifikaat ná ’n aantal deelnames.
Die vrouerekord word gehou deur Salome Vermeulen wat op 20 Julie 2019 ’n tyd van 21:14 aangeteken het.
Die rekordhouer by die mans is Tshepo Shubane wat ’n tyd van 18:13 op 24 Augustus 2019 aangeteken het.
Die Ouderdomsgraad-kursusrekord word gehou deur Salome Vermeulen wat 82.03% (21:14) op 20 Julie 2019 aangeteken het.
Organiseerder André de Lange nooi die gemeenskappe om aan die gratis pretloop deel te neem.
“Bring julle hondekinders en familie saam om die lekker afstand in die natuur te geniet.”






