NewsSchoolsStreeknuus

Hoërskool Erasmus se ontgroening bring pret

“Groot oog graad agies pak nuwe skoolloopbaan met ywer aan.”

Twee weke van ontgroening huldig die grootoog gr.8-leerders in om deel te word van die Hoërskool Erasmus se spangees en Rassie Woema.

Elke nuweling het ’n matriekleerder gekry onder wie se bevel daar vrywillig opdragte uitgevoer is.

Die bome het eweskielik name gekry en die plante kan praat.

Hier het die gr.8’s se talente na vore gekom en hulle is voorberei om aan die konsert deel te neem waarvoor daar ná skool geoefen is.

Die konsert het vanaf Dinsdag 18 Januarie vir skoolleerders en Woensdag tot Donderdag vir die gemeenskap plaasgevind.

Die juniorkamp sou ook plaasgevind het waar die gr.8s die skoollied leer, hul omgewing verken, die kultuur van ’n Rassie begryp en breë bors die skoolwapen met trots dra, maar weens die

Covid-regulasies, het die kamp nie plaasgevind nie.

Die onderhoofdogter, Deserè Swart van Hoerskool Erasmus het vertel dat sy saam met die ander LVR’e baie opgewonde is oor wat voorlê die jaar.

“Om die gr.8-leerders voor te berei en aktiwiteite te doen, is opwindend.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button