Local newsNews

Bethal VLU-tak nooi vroue na volgende vergadering

Vroue leer nuwe dinge en dra kennis oor.

 Die Bethal VLU-tak het die jaar afgeskop met hul eerste vergadering op Dinsdag, 11 Januarie en nuwe bestuur vir die jaar gekies.

Me. Annette Greyvenstein is weer gekies as voorsitter vir die nuwe jaar terwyl me. Annatjie Fourie ook aanbly as ondervoorsitter van die tak.

Die ander bestuurslede wie ook in hul posisies aanbly, is me. Tjoekie Nel (sekretaresse), me. Hennie van Heerden (tesourier), me. Lynette Posthumus (skakelbeampte) en me. Maureen Coetzee (puntehouer).

Dié tak se oudste lid, me. Ansie Maritz (94) het haar 60 jaar-toekenning van die VLU se streekvoorsitter, me. Gerda Büter, ontvang.

Die lede is gereed om nuwe dinge te leer in 2022.

Me. Posthumus het gesê enige vroue vanaf 18 tot 108 jaar oud is welkom om by die VLU aan te sluit en hulle vergaderings by te woon.

“Ons leer interessante nuwe dinge en dra kennis oor aan mekaar,” het me. Posthumus gesê.

Die Bethal VLU-tak se volgende vergadering is op Dinsdag, 15 Februarie.

Vir meer inligting, skakel me. Greyvenstein op 082 828 6459 of me. Posthumus op 072 203 6230.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button