Sussa Pelser neem Hoëveld Fotoklub se beste foto vir die maand
Belangstellendes is welkom om Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms by te woon.
Fotograwe van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydagaand, 14 Januarie hul jaar met ’n byeenkoms by die Sasol Ontspanningsklub afgeskop.
Me. Sussa Pelser was die beste fotograaf en het die voorgeskrewe onderwerpafdeling gewen met haar foto, Terugdink.
Sy het ook ’n sertifikaat van merite vir dié foto ontvang, asook vir haar foto, The Carmen Ballet 3 in die fotojoernalistieke afdeling.
Die voorgeskrewe onderwerp vir die maand was “My Favourite Photo” en mnr. Bernie van der Vyver het die lede se fotos beoordeel.
Dr. Leon Pelser was die beste fotograaf onder die senior-fotograwe met sy foto, Bird Eye on Mountain.
Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang, asook vir sy foto, Late Night Reading, in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.
Me. Hanlie de Beer was die beste fotograaf onder die junior-fotograwe met haar foto, Spring die laaste golf.
Sy het ’n sertifikaat van merite vir dié foto ontvang, asook vir haar ander foto, Preekstoel in die landskapafdeling.
Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het, is mnr. Johan Coetzee met sy foto, Haan tussen die Henne in die natuurvoëlsafdeling, mnr. Louis van der Walt met sy fotos, Cave Monster in die landskapafdeling, Plotting Villians in die tweekleurige foto-afdeling, Greenish in die natuurafdeling, Blue Beauty in die pikturale afdeling en Love Hike – Amphitheatre in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, mnr. Danie Smit met sy fotos, Ready for the Sermon in die landskapafdeling en By Tant Drieka in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, mnr. James Harris vir sy fotos, Candle Light in die tweekleurige foto-afdeling, The Look in die pikturale afdeling en Fantasy in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, mnr. Piet Potgieter vir sy foto, 33 in die pikturale afdeling, mnr. Hanno de Beer vir sy fotos, Kite Surfing en The Kite Asissted, beide in die in die fotojoernalistieke afdeling en mnr. Johan Coetzee vir sy fotos, Versnelling in die fotojoernalistieke afdeling en Chase the Ball in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydagaand, 4 Februarie om 18:30 by die Sasol Ontspanningsklub.
Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon.
Vir meer inligting, skakel mnr. De Beer op 071 365 6440.
















