NewsSchoolsStreeknuus

Rassies het woema vir atletiek

Die groenspan het gewen met 1298 punte, die blouspan was kort op hul hakke met 1290 punte en die witspan het die dag afgesluit met 812 punte.

Hoƫrskool Erasmus het op Vrydag, 21 Januarie hul interhuis-atletiekbyeenkoms gehou.

Die atlete het medaljes ingepalm en die pawiljoene was stampvol met Rassie-ondersteuners wat nie die atletiekseisoen wil misloop nie.

Die byeenkoms het om 08:30 begin en die Rassie-gees was gehoor.

Die groenspan het gewen met 1298 punte, die blouspan was kort op hul hakke met 1290 punte en die witspan het die dag afgesluit met 812 punte.

Leslie van Zijl is as die junior victor ludorum aangewys en Shane Roos as junior victrix ludorum.

Ludrick Britz het die trofee ontvang as senior victor ludorum en Larissa Cornelissen is senior victrix ludorum bekroon.

Leslie van Zijl en Ludrick Britz met hul victor ludorum-trofees. (Foto: Verskaf)
Shane Roos en Larissa Cornelissen is onderskeidelik die junior en senior victrix ludorum. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button