Bronkhorstspruit se VLU skop jaar af met prysuitdeling
“Kom sluit by ons aan. VLU gee kleur aan elke vrou se lewe.”
Bronkhorstspruit se VLU Van Riebeeck-takvergadering vir die jaar se vooruitsigte het op 18 Januarie plaasgevind.
Heerlik! Dit is die woord waarmee die VLU-vroue se takvergadering, wat ook hul jaarvergadering was, beskryf is.
In hul “Lief en Leed”-boek is dit opvallend om te lees hoe baie lede skryf: “Dis lekker om weer hier te wees saam met ons VLU-vriendinne.”
“Die feit dat ons almal bly is om mekaar te sien en saam dinge van belang kan bespreek, is ’n voorreg.
“Ons kan saam besluite neem, mekaar ondersteun en saam aan die einde van die vergadering smul aan smaaklike eetgoed. Ons kan kuier en lag om ’n koppie tee.
“Die geur van suurlemoene wat op die tafels gerangskik is, hang in die lug en oral is vriendelike gesigte,” het die skakelbeampte, Elizabeth Kendall, laat hoor.





