Local newsNews

NLF bied bystand met watertenk en drukpomp

Volgens dié organisasie, is hulle in kennis gestel dat sy reeds meer as twee jaar watervoorsieningsprobleme ondervind.

Northern Light Foundation (NLF) het in samewerking met Clear Water Plumbing die afgelope week ’n watertenk en drukpomp by ’n bejaarde vrou se huis geïnstalleer.

Volgens dié organisasie, is hulle in kennis gestel dat sy reeds meer as twee jaar watervoorsieningsprobleme ondervind.

Haar man is in 2021 oorlede en die boedel is nog nie afgehandel nie.

Geld is dus nie beskikbaar om self plan te maak met watervoorsiening nie.

“Almal is nie altyd in staat om hulself te help nie, maar as ons as ’n gemeenskap kan saamstaan, kan ons meer mense help wat in soortgelyke situasies is,” het mnr. Hillel Coetzer, uitvoerende hoof, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button