Local newsNewsStreeknuus

Delmas Hof stel ANC-raadslid en makkers se borgaansoek uit

Die aansoek om borg volg nadat Mofomme en sy drie medebeskuldigde op 17 Januarie in hegtenis geneem is ná ’n 28-jarige uitsmyter, Knowledge Kushata tydens ’n voorval by ’n plaaslike taverne, Khehla’s Place in Botleng, Delmas koelbloedig vermoor is.

Die borgaansoek van die vier beskuldigdes in die moordsaak van Knowledge Kushata is in Delmas Streekhoof uitgestel.

Moses Mofomme (46), ’n plaaslike raadslid, tesame met drie ander mans, Komogelo Moulamedi (21), Sibusiso Buda (37) en Erick Mahlangu (37) het op Woensdag, 24 Januarie vlugtig in die Delmas Streekhof verskyn.

Die aansoek om formele borg is uitgestel na Woensdag, 2 Februarie.

Dié viermanskap se ondersteuners het hul misnoeë oor die uitstel, na afloop van die hofverrigtinge, duidelik te kenne gegee.

Die beskuldigdes het ook ’n aansoek voor die hof gebring om in die Delmas Polisiestasie se selle in aanhouding te bly tot en met die formele borgaansoek, omdat samesprekings met hul regsverteenwoordiger bemoeilik word as hulle in die Modderbee-gevangenis in aanhouding sou bly.

Die hof het hierdie versoek goedgekeur en die vier beskuldigdes sal dus in Delmas in aanhouding bly tot hulle volgende verskyning.

Die aansoek om borgtog volg nadat Mofomme en sy drie medebeskuldigde op 17 Januarie in hegtenis geneem is ná ’n 28-jarige uitsmyter, Knowledge Kushata tydens ’n voorval by ’n plaaslike taverne, Khehla’s Place in Botleng, Delmas koelbloedig vermoor is. (Streeknuus, 28 Januarie).

Knowledge se broer Frank Kushata is ook tydens die geveg met ’n mes aangeval.

Teen druktyd was Frank nog in die hospitaal vir behandeling na hy glo drie ernstige meswonde opgedoen het.

Die ANC-voorsitter van die Nkangala-streek, Sello Matshoga, het ook intussen bevestig dat Mofomme tydelik uit sy pos as raadslid by VKLM geskors is hangende die moord-ondersoek teen hom.

Daar is intussen uit betroubare bronne verneem dat, as Mofomme permanent uit die raad by VKLM geskors sou word, dit groot politieke golwe binne die plaaslike munisipaliteit sou inhou.

Lees meer in ’n volgende uitgawe van Streeknuus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button