NewsStreeknuus

Kleinfontein-vrou treur oor vermiste pa

“Vermiste bejaarde op trein is nog nie gevind.”

Uit ’n wendyhuis verwelkom ’n skraal vrou my in om te kom sit soos sy met haar bewerige hande die fotoalbum vashou.

In haar oë lê seer verberg wat mens slegs in haar stem kan hoor.

Die verlange knaag en die wonder maal heel dag in haar kop.

“Is hy dood? Lewe hy dalk nog?

“Is hy in ’n onbekende dorp, alleen met vreemde gesigte om hom?”

’n Doofstom-man word al vir twee jaar vermis nadat hy op ’n trein na niemandsland gery het.

Hercules Jacobus Dippenaar (75) het met die uitbraak van Covid-19 spoorloos verdwyn.

As bejaarde het hy by sy dogter, Mary Botha op Kleinfontein in ’n karavaan op die plot gewoon.

“Ons is vier kinders wat sukkel om die raaiselagtige verdwyning te ontsyfer. My pa het ’n knopies-kerkhemp, ’n swart broek en ’n vlootblou blaser (donkerblou baadjie) aangehad met tekkies. Dit is hoe ek hom nou onthou.”

Mary Botha kyk met verlange na haar pa in die fotoalbum.

Mary kon gebare taal met haar pa praat en hy het vir ’n jaar by haar gewoon voor hy vermis geraak het.

“My pa het in sy eie wêreld geleef, maar ons het mekaar verstaan.

“Hy het ook al selfmoord probeer pleeg en het gehou van drank. So wie weet wat van hom sou geword het?”

Die gesin treur oor die onverklaarbaarheid van waar hul pa homself bevind en die ondersoek duur voort.

Hercules Jacobus Dippenaar word al vir sowat twee jaar vermis. (Foto: Verskaf)

Mary beweer dat sy in die begin heel naiëf was en geen onraad vermoed het nie omdat haar pa volgens haar soms vir weke lank verdwyn het.

Herinninge word slegs nou in fotoalbums vervat.

“My pa het nog saam my broer, Giellie gery vir die dag en het blykbaar net uit die voertuig geklim.

“Hy het die pad gevat en is toe met die trein na ’n familievriendin, tannie Susan, waar hy oornag het. Hy is daar weg en niemand het hom ooit weer gesien nie.”

Inligting oor die verdwyning en oor Dippenaar is maar skraps.

Enige inwoners in die omliggende omgewing wat dalk vertroud is met die saak en inligting oor Dippenaar se verdwyning het, moet vir adj.-off Gerda Tosen van Bronkhorstspruit se speurtak skakel by 071 612 1937.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button