Witties se Tarentale kraai koning by interhuis
“Witties se spangees loop hoog by interhuis atletiek.”
‘n Groot opgewondeheid het onlangs geheers toe die Fisante en Tarentale mekaar die stryd aan gesê het op die atletiekbaan tydens Laerskool Witpoort se interhuis.
Weens baie reën kon die interhuis nie in een dag plaasvind nie, maar was verspreid oor ’n paar dae.
Die atlete het gespring en gehardloop en die rekords het behoorlik gespat.
Evaleigh de Bruyn (0/11) het die meeste punte aangeteken op die ABSA tabel en is die victrix ludorum aangewys.
Deronne Meiring (0/13) het die trofee as victor ludorum ontvang.
Liné de Wet het die 100m-rekord vir dogters 0/10 met ’n wentyd van 15.25 verbeter.
Vir dogters 0/13 het Sheldine Joubert die 100m rekord gebreek met ’n fantastiese tyd van 14.09 sekondes.
Tydens die seuns 0/13 se 80m-hekkienaellope het Deronne Meiring en Chrispin Buloze beide die rekord na 14.31 verbeter.
Die Tarentale-span het vanjaar koning gekraai.







