Local newsNewsStreeknuus

Bronkhorstspruit se VLU-lede hou Naaldekokerdag

Bronkhorstspruit se VLU Van Riebeecktak het Naaldekokerdag op 8 Februarie gehou. Gewapen met ’n gomgeweer, karton en ’n skerp skêr, het die vroue mekaar by Sally Ferrera se huis ontmoet. Yolande Steenkamp het gesorg vir sjablone wat die vroue op karton en materiaal kon natrek en uitknip. “Dit maak alles makliker,” het voorsitter Elizabeth Kendall …

Bronkhorstspruit se VLU Van Riebeecktak het Naaldekokerdag op 8 Februarie gehou.

Gewapen met ’n gomgeweer, karton en ’n skerp skêr, het die vroue mekaar by Sally Ferrera se huis ontmoet.

Yolande Steenkamp het gesorg vir sjablone wat die vroue op karton en materiaal kon natrek en uitknip.

“Dit maak alles makliker,” het voorsitter Elizabeth Kendall laat hoor.

Naaldekokerdae word gebruik om kreatief te wees.

“Ons help mekaar, kuier lekker tussen-in en drink tee. En ons werk. Dis heerlik.”

Op dié dag het hulle hoedjies gemaak.

Die vroue hou op 3 Maart hou die vroue konferensie in Pretoria. Elke tak in die Pretoria-streek stel ’n ander lugredery voor.

“Met entoesiasme en flink idees kan mens ver kom. Dis aansteeklik! Ons sien so uit.”

Intussen vorder die reëlings vir die tak se 70ste verjaarsdagfees fluks.

Dis om die draai.

Almal in Van Riebeecktak is betrokke en besig.

“Ons harte is dankbaar dat die wêreld meer “gebruikersvriendelik” om ons geword het sedert 2022 begin het.

“Ons hoede is byna klaar. Ons vertel later meer,” het voorsitter Elizabeth Kendall afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button