Local newsNewsStreeknuus

Hoërskool Delmas met top toekennings vereer

Hoërskool Delmas, Dellies, Mafa Max Motloung Secondary School, Victor Khanye Streek, top presteerders, top onderwysers, Clarinda van Niekerk, Stephan Vorster, Delmas, Botleng, Streeknuus, Thia Botha

Hoërskool Delmas is tydens die burgemeester se matriektoekennings aangewys as die top presterende skool in die Victor Khanye Streek vir 2021.

Die geleentheid is by die Max Motloung Sekondêre Skool in Botleng op Woensdag, 9 Februarie aangebied.

Hoërskool Delmas het ’n slaagsyfer van 97,9% gehad. ’n Tjek van R5 000 is deur Daybreak Eggs aan Dellies oorhandig. Die vakwenners het elk ’n sertifikaat, trofee en tablet ontvang, terwyl die top presteerders elk ’n sertifikaat, trofee en skootrekenaar ontvang het.

Die Max Max Motloung Sekondêre Skool het met ’n tweede plek weggestap met ’n slaagsyfer van 93.1%.

Die top leerders in die streek vir 2021 is Clarinda van Niekerk (85,57%) en Stephan Vorster (85,43%), albei leerders van Dellies.

Al Hoërskool Delmas se graad-12-vakonderwysers het boonop toekennings as die beste onderwysers ontvang.

Jana Smit se leerders het in totaal 10 onderskeidings ingepalm, Annatjie Mitchell se leerders het vyf onderskeidings behaal, Ada Ritchie se matriekklas twee onderskeidings, Stephan Joubert nege onderskeidings,  Lettie Schutte ses onderskeidings, Corlia du Plessis vier onderskeidings, Saartjie Pretorius een onderskeiding, Joanie Vergeer twee onderskeidings en van Elmarié Badenhorst se leerders, het vyf onderskeidings behaal.

Hier ontvang Hoërskool Delmas-leerders en onderwysers ’n tjek van R5 000 vir die bes presterende matriekklas in die Victor Khanye Streek vir 2021. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button