Daniel Peck, ’n saalperdruiter van Laerskool Witpoort het in Desember aan die “Assisted Driving”-klas deelgeneem.
Op die skougrond van Parys het hy sy perd, Bold One vir die perdekarretjiekompetisie ingespan en is as wenner bekroon.
Rosette pronk teen Daniel se muur en eerste plekke palm hy een na die ander in.
Sy perdry-liefde het van kindsbeen af ontstaan tussen sy twee ooms, Arno en Jaco Venter in wie sy voetspore hy wil volg.
Die ooms het verskeie groot kampioenskappe gewen en Daniel laat die talent voort leef.
Daniel oefen nou hard vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Bloemfontein in April neem hy weer aan die SANESA-kompetisie deel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



