Local newsNews

VLU-vroue van Standerton beplan konferensie in Maart

Die gasspreker, Albert Channon, voormalige skoolhoof en tans ’n byeboer, het die lede kom toespreek oor bye en heuning.

Die maandvergadering van VLU se Kaalspuit-tak is op Dinsdag 15 Februarie by die Hervormde Kerk gehou.

Die geleentheid is gekenmerk deur ’n druk bespreking van die konferensie wat vir 3 Maart beplan word.

Anneline Smith het in die afwesigheid van me. Marietjie Swart, die voorsitterstoel ingeneem en die sake van die dag afgehandel.

Swart het ’n operasie ondergaan.

Die Mary Stewart-gebed, waar rustigheid, waardigheid en sagsinnigheid beklemtoon word, is in Afrikaans voorgelees.

Vroue het as tema ’n kombuisvadoek kon drapeer op hul koppe.

Die gasspreker, Albert Channon, voormalige skoolhoof en tans ’n byeboer, het die lede toegespreek oor bye en heuning.

Sy stokperdjie het tot ’n volwaardige boerdery gegroei.

Channon het met sy toerusting soos roker, raampies, ’n byekorf, koninginuitsluiter, flessies heuning en beskermende drag opgedaag om die bedryf toe te lig.

Related Articles

Back to top button