James neem beste foto by Hoëveld Fotografieklub op Secunda
Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms in Maart by te woon.
Fotograwe van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydagaand, 4 Februarie hul maandelikse byeenkoms gehad en James Harris het die beste foto in die voorgeskrewe onderwerpafdeling ingeskryf en gewen met sy foto, Enjoying his Pipe.
Harris het ook ’n sertifikaat vir meriete vir dié foto ontvang asook vir een van sy ander fotos, Hardworking Hands, in die tweekleurige foto-afdeling.
Die beoordelaar vir Februarie was Karen le Roux en die voorgeskrewe onderwerp was Nostalgia.
Hanno de Beer was die beste onder die senior-fotograwe met sy foto, ProVerte Trans Agulhas 2021 Stilbaai in die fotojoernalistieke afdeling.
Hy het ook ’n sertifkaat van meriete vir dié foto, asook twee van sy ander fotos, M71 Flying Squad Trans Alguhas 2021, in die fotojoernalistieke afdeling en Hammanshof Boerdery Trans Alguhas 2021, in dieselfde afdeling, ontvang.
Lourens Basson was die beste onder die junior-fotograwe met sy foto, Ice Camping in die landskapafdeling.
Hy het ’n sertifikaat van meriete vir dié foto en vir sy foto, Waterbuck in the Sun in die natuurafdeling.
Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het, is Danie Smit vir sy fotos Puntjie Melkweg in die landskapafdeling, Harbour View Seats in die tweekleurige foto-afdeling en Grootbek in die natuurafdeling; Louis van der Walt vir sy fotos Rosemary Pods in die landskapafdeling, Vilian Number 1 in die tweekleurige foto-afdeling, Infectious Agent in die natuurafdeling, Free Soon in die pikturale afdeling en Fairy Forest in die voorgeskrewe onderwerpafdeling; Johan Coetzee met sy fotos Thirsty in die tweekleurige foto-afdeling, Speed Fast, ook in die tweekleurige foto-afdeling en Nowhere to Hide in die fotojoernalistieke afdeling; Sussa Pelser vir haar fotos Crab and Fly in die natuurafdeling en Ballet Jump in die fotojoernalistieke afdeling; Johan Viljoen vir sy foto Spreading my Seeds in die pikturale afdeling en Piet Potgieter vir sy foto Michael Pull the Boat Ashore in die pikturale afdeling.
Die Hoëveld Fotografieklub vergader weer op Vrydagaand, 4 Maart om 18:00 vir 18:30 by die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.
Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer op 071 365 6440.














