Local newsNewsSchools

Goedehoop se adjunkhoof groet Secunda

Skool personeel en bestuur gaan adjunikhoof mis.

Philip Meyer, wat vir 16 jaar by Laerskool Goedehoop gewerk het, het einde Januarie Secunda vir Marble Hall verruil.

Meyer was die adjunkhoof by Laerskool Goedehoop en sy vrou, Janetta, het ook by dié skool skoolgehou.

Meyer het ’n pos as skoolhoof op Marble Hall aanvaar.

Die skool se bestuur het gesê hulle moes afskeid neem van ’n steunpilaar by Laerskool Goedehoop en dat hy in tyd wat hy by dié skool betrokke was, homself onderskei het van die res en alles wat hy aangepak het, met passie gedoen het.

Laerskool Goedehoop se skakelbeampte, Juanita Fourie, het gesê Meyer was die breinkind agter Goedehoop se deelname aan Super 12 en deelname aan dié liga het Goedehoop van ander skole onderskei.

“Mnr. Philip het hom ook goed onderskei as ’n leier wat die vermoë het om mense byeen te bring en enige projek met sukses te voltooi,” het Fourie gesê.

“Op buitemuurse gebied is mnr. Philip ’n strateeg duisend.

“Baie jong manne kan getuig uit die waardevolle lesse wat hulle geleer het deur saam met hom af te rig.

“Die deugde wat uitstaan is egter mnr. Philip se hart vir kinders.

“Hy is ’n mense-mens wat verby die uiterlike kan kyk en die hart van die kinders kan sien.

“Aansien speel by hom geen rol nie, die kinders se welstand kom eerste.”

Goedehoop se bestuur het ook met lof van Janette gepraat en gesê dié twee maak ’n formidabele span wat groot leemtes agterlaat.

“Dié twee mense is vir ons ’n uitstekende voorbeeld van hoe ’n span saam sukses behaal,” het Fourie gesê.

Goedehoop se personeel en bestuur het die paartjie sterkte vir hul toekoms toegewens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button