Laerskole in die Bronkhorstspruit-omgewing neem deel aan distrikbyeenkoms
Verskeie skole neem deel.
Die laerskole distrik-atletiek het afgeskop op die atletiekbaan by Hoƫrskool Erasmus in Bronkhorstspruit.
Laerskool Witpoort se atlete het kragte gemeet met Rayton, Balmoral, Du Preez van Wyk en skole van Pretoria op Vrydag, 18 Februarie.
Daar was 25 Witties-atlete wat gekwalifiseer het met 39 items, van wie nege deurgedring het na die Gauteng-kampioenskap.
Hulle hets vier goud, sewe silwer en 10 brons medaljes verower.
Laerskool Du Preez van Wyk het vyf atlete wat deur is na die Gauteng-kampioenskap.
Ilke Botha, Jochelle Lombaard, Mely du Plessis, Dever Catsman en Chrisner Gouws is Dupie-atlete wat op 11 en 12 Maart by die Universiteit van Johannesburg gaan deelneem.









