Local newsNewsStreeknuus

Bronkhorstspruiter speel in musiekvideo van Stefan Jansen

“Elke foto vertel sy eie storie en los die stories agter die kamera vir ons om te vertel.”

Hane Boshoff, ’n oud-Rassie, het onlangs in haar eerste musiekvideo verskyn.

Sy het dié ervaring beskryf as haar mees opwindendste avontuur nog.

Die sanger, Stefan Jansen, wat self op Bronkhorstspruit grootgeword het, het op 4 Februarie sy nuutste enkelsnit “As ek jou onthou” vrygestel.

Boshoff het heel toevallig die advertensie op sosiale media raakgelees en met haar effense waaghalsige persoonlikheid het sy sommer direk vir Jansen gekontak.

“Ek was bevrees ek is te laat en dat die inskrywings al gesluit het. Ek kon nie nog ’n oomblik wag nie. Tot my verbasing het Stefan my terug gekontak en so het die avontuur begin.”

Die oomblik toe sy uitvind sy moet haar tasse pak vir ’n kans wat nie aldag aan jou deur kom klop nie onthou sy soos gister.

Hane Boshoff is in haar element op ’n strand in Natal. (Foto: Verskaf)

“Stefan het my gebel en my laat weet ek is gekies. Ek wou letterlik uit my vel uit spring van opgewondenheid. Ek was baie geëerd en op dieselfde tyd ook geskok dat ek gekies is om in die musiek video te wees.

Ek kon nie wag om deel te wees van sulke ervaring nie.”

Natuurlik was daar senuweeagtigheid enkele minute na die besef dat sy die voorreg gaan geniet, maar nie te min het haar aanvoeling tot die vermaaklikheidsbedryf gemaak dat sy dié kans met ope arms aangepak het.

Die verfilming van die musiekvideo het op Port Edward in Natal plaasgevind met ’n damiese span by wie Boshoff glo sy baie geleer het.

“Die ervaring was een vir die boeke. Ek het dit saam die beste mense gewerk.”

Boshoff, wat self ’n voorliefde vir toneelspel het en dikwels haarself met ’n pen in die hand verwoord, het perfek ingeskakel by die drie dae-lange avontuur.

“Die strand was absoluut asemrowend vir die atmosfeer en die weer het mooi saam gespeel. Ons het min geslaap en baie gelag, maar ons het nie stilgehou om hierdie film ’n meesterstuk te maak in so ’n kort tyd nie.”

Boshoff se voorbreiding was om grootendeels net haarself te wees en veral daardie karakter en die emosie wat by die konsep van die musiekvideo pas in haarself te ontdek.

Hane Boshoff en Stefan Jansen baljaar op die strand. (Foto: Verskaf)

“Op die ou einde het ek besluit om net myself te wees deur my eie persoonlikheid te beklemtoon en dit het uitgedraai om presies te wees wat hulle wou gehad het.”

Boshoff glo die belewenis het haar ook meer van haarself geleer en haar in staat gestel om te besef dat sy enige iets waarop sy fokus, kan bereik.

“Ek was weer eens herinner dat mens net eenkeer lewe en dat jy die beste moet maak van elke geleentheid.”

Oggende van vier uur opstaan om die sonopkoms vas te vang, is wat vir haar die meeste uitstaan.

“Ons was moeg, maar die lug was ’n skildery van verskillende kleure en die vars lug was so verfrissend. Daardie oggende sal ek nooit vergeet nie. In ons moegheid het ons mekaar maak skaterlag.”

Boshoff moedig ook ander mense aan om die kans te waag juis omdat dit lewensverrykend kan wees.

“Ek sal met liefde weer inskryf vir so iets , veral nou dat ek weet hoeveel pret dit is en hoeveel herinneringe mens maak. As ek ooit weer ’n kans kry, sal ek vir seker heel voor in die lyn staan om weer deel te neem.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button