NewsSchoolsStreeknuus
PUK-16 skop te midde van reën by Hoërskool Delmas af
Die rugby-, netbal- en hokkiespanne spanne van Hoërskool Delmas en Hoërskool Pretoria-Noord het mekaar vroeg in die seisoen op die sportvelde van Hoërskool Delmas ontmoet.
Ten spyte van ’n harde bui reën en donderweer het die hoërskole van Delmas en Pretoria-Noord mekaar behoorlik die stryd aangesê.
Die rugby-, netbal- en hokkiespanne het mekaar vroeg in die seisoen op Vrydag, 26 Februarie op die sportvelde van Hoërskool Delmas ontmoet.
Daar was hard gespeel, hard gewen, maar ook hard verloor.
Weens die reën moes sommige van die wedstryde na ’n latere datum geskuif word.
Ook van die netbalwedstryde sou teen druktyd op ’n latere datum bekragtig word.
Lees in die volgende uitgawe van Streeknuus hoe die afskop van die PUK-16 afgeloop het en wie as wenners uit die stryd getree het.




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



