Local newsNewsStreeknuus

Modelbouer van Cullinan se werk laat geskiedenis voortleef

“Wat is nou lekkerder as om iets self aanmekaar te sit en die eindproduk te aanskou?”

Edward Morrison, ’n inwoner van Cullinan, ontwerp en bou vir die afgelope 47 jaar handgemaakte modelle.

“Ek het my eerste model gebou op die ouderdom van agt,” het hy vertel.

Sy modelle is oorspronklik en uniek. Die gedagte agter elke model is grootliks gefokus op die geskiedenis waaruit hy inspirasie tap.

“Ek doen heelwat navorsing oor die geboue wat ek dan omskep in modelle. Gewoonlik as ek ’n gebou sien wat vir my uitsonderlik is, doen ek navorsing oor die spesifieke gebou se afmetings.

“Daarna begin ek hom ontwerp op die rekenaar en dan maak ek ’n rowwe model om te kyk of alles reg pas. Eers daarna maak ek die finale model,” het Morrison die delikate proses verduidelik.

Daar is egter presiesheid en konsentrasie wat in elke model vasgelê is, dus staan Morrison dikwels eers met ’n potlood in die hand voor hy enigsins met materiaal werk.

“Ek teken al vandat ek vyf jaar oud was. Ek is baie lief vir potloodsketse, veral van die natuur,” het hy bygevoeg.

Daar is tans sowat 30 verskillende modelle met ’n storie agter elke model.

Die windmeul is gebou in 1650 in Holland en is steeds in werking. ’n Goeie vriend het vir ’n model gevra van die huis waar sy oupa 150 jaar gelede gewoon het.

“Ek probeer so ver as moontlik replikas te maak van geboue wat werklik bestaan en van geskiedkundige waarde vir ons is. Byna elke model wat ek ontwerp, lê my na aan die hart.”

Soms bou Morrison ook iets wat sy persoonlikheid of voorliefdes uitbeeld.

“Ek is mal oor vliegtuie en lief vir vlieg. My eerste model was ’n 1:72 skaal Alpha-straler. Die detail wat ek self aanmekaar gesit het, was meer as genoeg inspirasie om nog meer modelle te bou.”

Al die modelle word meestal met MDF, wat ’n hout-samestelling is, klei en plastiek gemaak.

Die verf is grootliks akrielverf en Morrison sien sy modelle as klein kunswerkies.

Die skaal is 1:87 of ’n HO-skaal vir die mense wat dioramas vir skaaltreine bou.

Sy modelle moet vir hom dit wat mens elke dag om jou sien, uitbeeld.

“Om een van die modelle te kan bou, glo ek jy moet ten minste ’n begrip hê hoe om met jou hande te kan werk.

“Die monteerstel wat ek onwerp, het verskillende moeilikheidgrade daaraan verbonde,” het Morrison afgesluit op grond van watter vaardigheid nodig sal wees om jou eie model te kan bou.

’n Engelse kroeg van 150 jaar gelede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button