Pick a view-stalle open met ’n mark by Kungwini Ranch
“Ons sal graag voorentoe weer markdae wil hou met perdekampe, verjaarsdagpartytjies en perdrylesse.”
Pick a view-stalle in Kungwini Rach het amptelik op Saterdag, 26 Februarie, geopen.
Daar was roomys geëet, springmielies gemaak, kasteel gespring en perd gery.
Die grasperk was stampvol stalletjies van verskeie handgemaakte produkte en inwoners het ingestroom.
Daar was 13 uitstallers en ook ’n kinderarea met yskoeldranke.
Die mark was vol kos, lekkernye, skoene, hoede, perde-toerusting en selfs ’n stalletjie met allerlei goed vir troeteldiere.
Die pottebakkery- en kleiware-stalletjie het inwoners se aandag getrek tesame met die tweedehandse goedere, essensiële olies, ponieritte, en ’n groot speelgoedstalletjie.
Plaaslike uitstallers en ook vanaf plekke soos Pretoria en Kempton Park het stalletjies opgeslaan.
“Ons sal graag voorentoe weer markdae wil hou met perdekampe, verjaarsdagpartytjies en perdrylesse.
“Die perde het die ruiters geniet en die pretdag was een vir die boeke,” het organiseerder, Lianti Cronje, vertel.








