Local newsNewsStreeknuus

Vrouebediening hou ’n kuieroggend op Bronkhorstspruit

“Blom waar jy geplant is.”

Die Vrouebediening van die N.G. Moedergemeente op Bronkhorstspruit het Saterdagoggend, 26 Februarie, ’n kuieroggend gehou met die tema: Borrel, bruis, brand en blom.

Die samesyn met 73 vroue en sewe tafels was bedoel om die vroue te bederf en te motiveer om elkeen volgens haar gawes in die gemeente te bedien en te blom waar sy geplant is.

Die sprekers Antoinette Steyn, eienaar van Mindset Motivation, en Carina Avenant, ’n oudioloog, het ook gesels oor ’n mens se uitkyk op die lewe sowel as die belangrikheid van gehoorsifting.

“As jy die manier verander waarop jy na iets kyk dan sal dit vir jou anders begin lyk. Soms dien ons uitdagings ons meer as wat die oorwinning doen” het Steyn laat hoor.

Die toegang vir die oggend was blikkies kos en skryfbehoeftes vir minderbevoorregte kinders.

Avenant het kortliks vertel dat 3 Maart Wêreld Gehoordag is.

Die tema vir vanjaar is: To hear for life, listen with care.

“Gehoorprobleme het verreikende gevolge vir die individu en ook sy of haar gesin.

“Daarom is vroeë identifikadie en intervensie belangrik,” het Avenant verduidelik.

“Ons het heerlik saam muffins geëet en gekuier. Dit was ’n geseënde afskop van 2022 -’n borreljaar in ons gemeente,” het organiseerder Christa Erasmus afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button